Seep - enjins en hondekos op die spyskaart by Wheels for Hope
Die vermaak begin vroeg en hou tot laat aan. DJ Trompie en DJ Garth hanteer die musiek, terwyl Helgard Holtzhausen as motiverende spreker optree
Vir die jongspan is daar 'n water slide op die perseel, so ouers moet onthou om swemklere in te pak. Besoekers kan ook hul geluk toets in die raffle-kompetisie teen R20 per lootjie.
Paws en skenkings
Die dierebeskermingsorganisasie Paws Haven maak ook 'n draai by die geleentheid. Gaste word aangemoedig om 'n sak hondekos of katkos saam te bring om diere in nood te ondersteun.
Stalletjies en verversings
Entrepreneurs en handelaars kan 'n staanplek vir 'n stalletjie bespreek teen R250. Die reëls vir uitstallers is duidelik:
- Geen kosstalletjies word toegelaat nie, behalwe vir snacks, sweets, donuts en spiral chips.
- Geen alkoholstalletjies mag uitstal nie, want daar is reeds 'n kontantkroeg op die perseel.
- Enige ander tipe stalletjies is welkom.
Toegang en kontakbesonderhede
Die toegangsgeld by die hek werk soos volg:
- Kinders onder 6 jaar: Gratis
- Kinders van 6 tot 18 jaar: R20
- Volwassenes: R50
Vir meer inligting of om 'n stalletjie te bespreek, kan die reëlingskomitee gekontak word by 076-758-0956.
