The Go-To Guy
The Gazette · North West News
👤 My Account
← Back to The Gazette
Potch Gazette

Feesgees en Kersliggies by AGS Baillie Park

By Amanda Bekker06 Oct 2026👁️ 81 views
Feesgees en Kersliggies by AGS Baillie Park
AGS Baillie Park Oase van Hoop hou hul heel eerste Kersligfees Mark 2026 op 6 en 7 November. Die fees skop Vrydag, 6 November af vanaf 16:15 tot 21:00, en gaan Saterdag, 7 November voort van 09:00 tot 13:00. Dit beloof om 'n gesellige kuier vir die hele gesin te wees met gratis toegang en genoeg parkering op die terrein.

Kos, Stalletjies en Plaaslike Produkte

Mense wat lus is vir inkopies kan uitsien na 'n wye verskeidenheid unieke stalletjies met handgemaakte Kersfees produkte, geskenke en spesiale items wat deur plaaslike kleinbesighede gemaak is. Daar sal ook heelwat kosstalletjies wees sodat almal 'n lekker hapjie kan geniet terwyl hulle rondloop en memories maak saam met vriende en familie.

Musiek, Vermaak en 'n Gratis Photobooth

Johnny Snowball gaan sorg vir die musiek op die verhoog, saam met verskeie "live" optredes deur ons eie local sangers en ander vermaak deur die loop van die fees. Feesgangers word aangemoedig om hul eie kampstoele saam te bring, agteroor te sit en die musiek te geniet. Daar is ook 'n gratis Kersfees Photobooth waar almal oulike foto's kan neem om die oomblik vas te lê.

Inligting en Adres

Die Kersligfees vind plaas by Oase van Hoop AGS Baillie Park in Wynnestraat 18. Vir enige verdere navrae oor die fees of stalletjies, kan Mariëtte Nortje gekontak word by 079-340-1925.

#Potchefstroom#Social