Potch Gazette
A Shelter of Hope soek hande - Rande en ’n dak
’n Nuwe inisiatief, A Shelter of Hope, beplan ’n fondsinsamelingsdag op 6 Desember 2026. Die mikpunt is reguit: om ’n veilige hawe vir hawelose mense in Potchefstroom op die been te bring.
Die planne is reg, maar daar is twee dinge wat nou kort: borge en ’n plek om die event te hou.
Waarheen gaan die geld?
Die groep agter die inisiatief wil mense wat op straat leef voorsien van basiese hulp, kos en ondersteuning. Om so ’n skuiling volhoubaar aan die gang te kry kos egter meer as net goeie bedoelings. Dit vra harde Rande.
Die beplande dag op 6 Desember moet die nodige fondse inbring om die deure uiteindelik oop te gooi.
Die wenslys vir die dag
Die organiseerders soek nie net groot maatskappye nie, maar enigiemand wat kan uithelp. Die lys van behoeftes sluit in:
- Hoofborge en kontantskenkings om die kostes te dek.
- Kos en koeldrank.
- Pryse en geskenkbewyse vir kompetisies op die dag.
- Produk- en diensborge wat kan help met die logistiek.
- ’n Geskikte venue of terrein in Potchefstroom met genoeg spasie vir almal.
Wat borge terugkry
Besighede wat help, kry die kans om hul name en produkte tydens die geleentheid te bemark. Plaaslike entrepreneurs, maatskappye en skole kry hiermee blootstelling terwyl hulle ’n wesenlike verskil maak. Of dit nou tien Rand of ’n groot borgskap is, elke bietjie help om die wiele te laat rol.
Mense wat ’n perseel het, wil borg, of net raad wil gee, kan vir Mariska kontak op 076-758-0956.
