The Go-To Guy
The Gazette · North West News
👤 My Account
← Back to The Gazette
National News

Karlien van Jaarsveld sê ‘bly’, maar soms moet jy hardloop

By Charlene Bekker09 Oct 2026👁️ 116 views
Karlien van Jaarsveld sê ‘bly’, maar soms moet jy hardloop
“Bly” is nie ’n liedjie oor opgee nie; dit is ’n liedjie oor die oomblik wanneer jy kies om jouself eerste te stel.
Ná liedjies soos “As Jy My Roep” en “Oor Mekaar” saam met Zaan Sonnekus, is Karlien van Jaarsveld terug met haar jongste enkelsnit, “Bly” – ’n eerlike en herkenbare blik op die oomblik wanneer ’n mens besef dat ’n verhouding eenvoudig nie meer werk nie.

Met “Bly” neem Karlien ’n onderwerp wat baie mense ken en verwoord dit op haar kenmerkende direkte manier: Hoeveel keer probeer ’n mens weer voordat jy besef dit is tyd om te laat gaan?

“Die liedjie gaan oor verhoudings waar ’n mens nie moet bly nie. Dis al die hoeveelste ronde waar jy dit uit probeer, maar dit werk net nie,” vertel Karlien oor die liedjie, wat uit haar eie pen kom.

Die titel “Bly” kry juis ’n ironiese betekenis wanneer die boodskap van die liedjie duidelik word.
Soms is die beste besluit nie om nóg ’n keer te probeer nie, maar om uiteindelik die moed te hê om weg te stap.

Karlien som dit eenvoudig op: “As daar iemand agter jou staan en skree ‘Bly’, is dit tyd om te hardloop.”

Met “Bly” wys Karlien weer hoekom haar musiek by soveel mense aanklank vind: dit vertel  eerlike stories oor liefde, verhoudings en die moeilike keuses wat daarmee saamkom – sonder om doekies om te draai.

“Bly” is nie ’n liedjie oor opgee nie; dit is ’n liedjie oor die oomblik wanneer jy kies om jouself
eerste te stel.

Volg Karlien Van Jaarsveld
Facebook : Kliek Hier
Instagram : Kliek Hier
TikTok : Kliek Hier
YouTube : Kliek Hier

#Artist#Musician#National News#Coleske Groep