National News
Appel en Ichnus vra: ‘Jy Sallie?’ – die vraag wat een pel maklik nie kan weier nie
Appel en Ichnus span kragte saam vir “Jy Sallie”, ’n energieke, humoristiese kuierliedjie wat die stoutigheid, kameraadskap en soms twyfelagtige besluite tussen goeie vriende op ’n eg Suid-Afrikaanse manier vier.
FOTOKREDIET: Hendri Fourie

Daar is min dinge so gevaarlik soos twee pelle met ’n plan en iemand wat vra: “Jy Sallie?”
Want voor jy jou oë uitvee, het ’n vinnige kuier in ’n aand ontaard waaroor daar nog lank gepraat gaan word.
Appel en Ichnus span kragte saam vir “Jy Sallie”, ’n energieke, humoristiese kuierliedjie wat die stoutigheid, kameraadskap en soms twyfelagtige besluite tussen goeie vriende op ’n eg Suid-Afrikaanse manier vier.
“Ek dink elke ou het daardie een pel wat hom maklik in die moeilikheid kan laat beland,” vertel Appel. “Jy kan klaar weet dis nie noodwendig ’n goeie plan nie, maar as jou pel jou vra: ‘Jy Sallie?’, dan begin jy darem ernstig wonder of jy nie maar moet saamgaan nie!”
Die liedjie begin met ’n situasie wat vir baie Suid-Afrikaners bekend sal voel: ná ’n lang werksweek is dit tyd om die voete op te tel en saam met die manne te kuier. Die plan is eenvoudig – net gou een dop. Maar een word twee, twee word drie, en skielik is dit lank ná middernag en is daar is nóg ’n plan op die tafel.
“Dis mos hoe dit werk,” sê Appel. “Niemand beplan om die volgende oggend wakker te word en te wonder hoe die aand so handuit geruk het nie. Dit begin altyd met iemand wat sê: ‘Kom ons gaan drink net gou een.’ En dan is daar daardie vriend wat altyd ’n plan het om die aand nog ’n bietjie langer te maak!”
Met skerp humor, herkenbare karakters en ’n aansteeklike koor is “Jy Sallie” gemaak vir saamkuier, saamlag en natuurlik saam sing. Dit vang daardie oomblik vas wanneer gesonde verstand jou probeer waarsku, maar jou lojaliteit teenoor jou pel die oorhand kry.
Volgens Appel lê die lekkerte van die liedjie juis daarin dat mense hulself en hul vriende daarin sal herken.
“Ons almal ken daardie ou wat altyd sê hy gaan vroeg huis toe, maar op die ou end is hy die laaste een wat sy sleutels soek!” lag hy. “Dis die soort storie wat jy nie eens hoef te probeer oordryf nie, want die werklikheid is klaar snaaks genoeg.”
Maar soos enige goeie kuierstorie het “Jy Sallie” ook ’n kinkel. Wanneer die manne se planne al groter raak, is daar altyd iemand wat uiteindelik die laaste sê het. En soms is dit beslis nie een van die manne nie!
Vir Appel en Ichnus gaan die enkelsnit oor meer as net ’n aand uit. Dit gaan oor die vriendskappe, spontane oomblikke en lawwe stories wat mettertyd deel word van ’n mens se beste herinneringe.
“Die lewe is klaar ernstig genoeg. Soms moet ’n mens net ’n liedjie hê wat jou laat glimlag, jou voete laat jeuk en jou aan jou eie pelle laat dink,” sê Appel. “As jy na ‘Jy Sallie’ luister en dadelik aan iemand dink wat jou al in so ’n situasie laat beland het, dan het ons ons werk gedoen!”
Met sy lekker kuiergees en ’n tema waarmee menige vriendekring sal kan identifiseer, beloof “Jy Sallie” om ’n gunsteling by braaivleisvure, kuierplekke en enige geleentheid waar die musiek ’n bietjie harder gedraai word, te wees.
Die vraag bly dus: Wie is daardie een pel in jou lewe vir wie jy nooit “nee” kan sê nie?

Volg Appel
Facebook : Kliek Hier
Instagram : Kliek Hier
TikTok : Kliek Hier
YouTube : Kliek Hier
Volg Ichnus
Facebook : Kliek Hier
Instagram : Kliek Hier
TikTok : Kliek Hier
YouTube : Kliek Hier
Facebook : Kliek Hier
Instagram : Kliek Hier
TikTok : Kliek Hier
YouTube : Kliek Hier
Volg Ichnus
Facebook : Kliek Hier
Instagram : Kliek Hier
TikTok : Kliek Hier
YouTube : Kliek Hier
