Wys Jou Talent! Inskrywings vir die ATKV Sangkompetisie Is Amptelik OOP!
Die wag is uiteindelik verby, Potchefstroom! Dit is weer daardie tyd van die jaar waar die streek se beste stemme die kans kry om helder te skyn. Die 5de Potch Geesfees kom op 28 en 29 Augustus 2026 aan die gang, en die soektog na ons mees talentvolle plaaslike kunstenaars is nou amptelik in volle gang.
Foto : Potch GeesfeesAs jy altyd droom van die kollig, óf as jy weet van 'n verborge talent wat die verhoog behoort te betree,hier is jou oomblik!
Wat Jy Moet Weet om In te Skryf
Die ATKV Sangkompetisie bied vanjaar nie net fantastische blootstelling nie, maar beloof ook om die verhoog aan die brand te steek met ongelooflike talent.
Pryse op die Spel:Daar is kontantprys-opsies en ander fantastiese belonings wat wag op die wenners!
Sperdatum:
Inskrywings sluit op 31 Julie 2026,moenie wag tot die laaste minuut nie!
Hoe om in te skryf:
Klik direk op die aanlyn skakel: https://bit.ly/ATKVSangkomp2026
Besoek die amptelike webblad vir al die reëls en inligting: www.geesfeespotch.co.za
Help Ons Om Plaaslike Talent Te Ontdek!
Ons weet Potch en omgewing wemel van onontdekte sterre. Het jy 'n peetkind, vriend, buurman of kollega wat almal se koppe laat draai wanneer hulle sing?
Moenie skroom nie,tag jou gunsteling plaaslike talent in die comments en moedig hulle aan om in te skryf!
Kom ons ondersteun mekaar, bou ons gemeenskap op, en maak die 5de Potch Geesfees een vir die boeke!