The Go-To Guy
The Gazette · North West News
👤 My Account
← Back to The Gazette
Potch Gazette

Historiese Mýlpaal vir Gimmie-Rugby as Wihan Strydom SARU EPD-Kamp Haal! 🏉🇿🇦

By Yolandi Botes11 Sept 2026👁️ 92 views
Historiese Mýlpaal vir Gimmie-Rugby as Wihan Strydom SARU EPD-Kamp Haal! 🏉🇿🇦
Wihan se prestasie is ’n mooi erkenning van die groei en krag van Gimmie-rugby

Potchefstroom Gimnasium vier 'n historiese oomblik op die rugbyveld ná Wihan Strydom amptelik gekies is vir die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) o.16 Elite Spelerontwikkelingsprogram (EPD-kamp).

Wihan het geskiedenis gemaak as die heel eerste Gimmie ooit wat vir hierdie gesogte nasionale kamp gekies is. Hierdie amptelike uitnodiging plaas hom onder die top 58 o.16-rugbyspelers in Suid-Afrika en dien as 'n uitstaande getuigskrif van sy harde werk, talent en die toenemende krag van Gimnasium se rugbyprogram.

Die EPD-kamp vind van 26 September tot 2 Oktober in die Wes-Kaap plaas.

Prestasie-Hoogtepunte:


Geleentheidsoorsig:


"Wihan se prestasie is ’n mooi erkenning van die groei en krag van Gimmie-rugby. Ons rugbyprogram skep geleenthede vir spelers om hul talent te ontwikkel en deur nasionale strukture raakgesien te word. Gimmies is trots op jou, Wihan!"

#Gimmies #GimmieSport #GimmieRugby #GimmieTrots #GimmieTalent #SARU #EPDKamp #PotchSport #Gimmieguts

#Potchefstroom Gimnasium Gimmie-Rugby SARU EPD-Kamp