National News
Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit ‘Roer My’
Foto Krediet : Hendri Fourie
Ná ’n besige jaar vol musiek is Ricus Nel terug met ’n splinternuwe enkelsnit wat beloof om luisteraars te laat glimlag én saamsing.
Met liedjies soos “Bok Is Beter” en “Jag En Visvang”, asook suksesvolle samewerkings met Eloff en Snotkop vanjaar, het Ricus gewys dat hy steeds presies weet hoe om Afrikaanse musiekliefhebbers aan die praat te kry. Nou volg “Roer My” – ’n lekker tong-in-die-kies-liedjie wat nie probeer om die lewe te ernstig op te neem nie.
“Roer My” is geskryf deur die bekroonde sanger en liedjieskrywer Appel, en volgens Ricus is daar beslis plek vir musiek wat mense bloot laat lag en lekker laat voel. “Iemand moet almal in die musiekbedryf laat lag – en wie beter as die man homself? Daar is plek vir ligter musiek,” sê Ricus.
Met sy speelse aanslag en humor glo Ricus dat die liedjie ook by jonger luisteraars aanklank sal vind. Die lirieke verklap sommer vinnig dat “Roer My” allesbehalwe ernstig is: “En jy roer my, roer my, roer my koffie met Cremora daarby. En jy steek my, steek my, steek my skoene weg want daar’s twak tussen jou en my. En jy stoot my, stoot my, stoot my, my ou kar aan die brand. Ek en jy my ou duifie is soos petrol en vlam.”
Dit is juis dié humor, herkenbare Afrikaanse uitdrukkings en Ricus se kenmerkende
persoonlikheid wat “Roer My” ’n lekker, ongekompliseerde luisterervaring maak.
In ’n wêreld waar die alledaagse lewe soms swaar kan raak, probeer “Roer My” niks meer wees as ’n paar minute se lekkerte nie – ’n liedjie wat jou laat lag, jou voete laat beweeg en jou
probleme vir ’n oomblik laat vergeet.
Met “Roer My” bewys Ricus Nel weer dat Afrikaanse musiek nie altyd ernstig hoef te wees om
’n indruk te maak nie. Soms moet ’n mens eenvoudig die volume harder draai, saamlag en jou
laat roer.
Volg Ricus Nel
Facebook : Kliek Hier
Instagram : Kliek Hier
TikTok : Kliek Hier
YouTube : Kliek Hier
