The Go-To Guy
The Gazette · North West News
← Back to The Gazette
Potch Gazette

Gimmie-Fietsryers Verteenwoordig Noordwes met Trots by Interprovinsiale Kampioenskappe in Bloemfontein

By Yolandi Botes23 Jul 2026👁️ 22 views
Potchefstroom Gimnasium (Gimmies) se bergfietsryers het die provinsie Noordwes met groot sukses verteenwoordig tydens die interprovinsiale bergfietskampioenskappe wat die afgelope

Potchefstroom Gimnasium (Gimmies) se bergfietsryers het die provinsie Noordwes met groot sukses verteenwoordig tydens die interprovinsiale bergfietskampioenskappe wat die afgelope naweek by Happy Valley in Bloemfontein gehou is.

Foto: Potchefstroom Gimnasium

Die ryers is behoorlik op die proef gestel op ’n uiters tegniese baan wat gekenmerk is deur klipperige terrein en steil op- en afdraandes. Die uitdagende toestande het uitstekende fietsbeheer, tegniese vaardighede en deursettingsvermoë van die atlete vereis.


Amptelike Uitslae per Kategorie


Die Gimmie-ryers het in beide die kortpad- (XCC) en die olimpiese landloopafdelings (XCO) sake uitgespook:


XCC (Short Track)

’n Kort, maar uiters intense wedren wat hoë spoed en skerp tegniese maneuvers vereis:


XCO (Cross Country Olympic)

’n Veeleisende aftakelingstoets waar die Gimmies hul karakter en uithouvermoë gewys het:


Skooltrots


Potchefstroom Gimnasium het hul ryers geprys vir hul en stamina op een van die mees tegniese bane van die seisoen. Die skool het hul trots uitgespreek oor die wyse waarop hierdie atlete die Gimmie-naam sowel as die Noordwes-provinsie op nasionale vlak verteenwoordig het.


#GimmieGuts#GimmieTrots#GimmieSport#PotchGim#NoordwesFietsry#HappyValley#Bergfietsry#GimmiePassie