The Go-To Guy
The Gazette · North West News
← Back to The Gazette
Potch Gazette

Baie meer as net verhoogkuns

By Amanda Bekker23 Jul 2026👁️ 20 views
Momentum Aardklop bied vanjaar weer 'n volle leefstyl-spyskaart vir feesgangers. Bo en behalwe die gewone kuns en teater, is daar alles van kos-ervarings tot karre en buite-aktiwit

Momentum Aardklop bied vanjaar weer 'n volle leefstyl-spyskaart vir feesgangers. Bo en behalwe die gewone kuns en teater, is daar alles van kos-ervarings tot karre en buite-aktiwiteite op die program.  



Buitelug en natuur by die rivier

Vanjaar span die fees saam met Elgro River Lodge. Hoewel die gewilde Koepel-Klop toer deur die Vredefortkoepel reeds uitverkoop is, is daar nog genoeg ander dinge om te doen. Mens kan gaan kunsvlieghengel, op 'n wildrit gaan, kanovaar op die Vaalrivier, stap of selfs boogskiet probeer. As jy liewer net wil slaap tussen die bome, bied die lodge ook verblyf.  



Lekker eet saam met Roots Academy

Die kosprogram onder die naam Proe! word vanjaar saam met Roots Academy en verskeie sjefs aangebied:  


Daar is ook die bekende Aardklop Langtafel onder die plataanbome in Lover's Lane op die NWU-kampus. Hierdie vyfgangmaaltyd met Hermanuspietersfontein se wyne sluit die fees tradisioneel af.  


Musiek en karpraatjies

As die son sak, hou die pret nie op nie. Leon Gropp is terug in Loopstraat met sy laataand jam-sessies. Hy nooi elke aand 'n paar tjommies uit die musiekbedryf om saam onvoorbereid te kom speel.  



Vir die motor-entoesiaste is daar ook twee lekker opsies:


Kuns vir die jongspan

Kinders kry vanjaar weer hul eie kreatiewe spasie met die NWU se Kinderkunsprogram, Jong Oë, Waagmoedige Kuns! / Young Eyes, Bold Art!. Fasiliteerders help die jonges om te skilder en met gemengde media te werk. Die werksessies word in Afrikaans, Engels en Setswana aangebied, en al die materiaal word voorsien.  



Die fees loop vanaf 29 September tot 4 Oktober. Kry die volle program en al die inligting op aardklop.co.za


Kaartjie verkope:

Seatme