The Go-To Guy
The Gazette · North West News
← Back to The Gazette
Potch Gazette

Roux Cloete oppad Aardklop toe: Musiek wat jou gaan raak

By Charlene Bekker21 Jul 2026👁️ 18 views
As jy vanjaar Aardklop toe opruk, is daar een optrede wat jy definitief op jou lysie moet sit. Die sanger en liedjieskrywer Roux Cloete gaan op die verhoog wees om feesgangers te b

As jy vanjaar Aardklop toe opruk, is daar een optrede wat jy definitief op jou lysie moet sit. Die sanger en liedjieskrywer Roux Cloete gaan op die verhoog wees om feesgangers te bederf met sy unieke akoestiese en pop-rock-klanke.


Foto(Facebook) : Roux En Christi Cloete

Roux het oor die laaste paar jaar 'n groot klomp aanhangers gekry met gewilde liedjies soos "Perfek", "Kaarthuise" en sy nuwer enkelsnit "Nie Smeek Nie". Mense hou van sy musiek omdat sy lirieke eerlik is en hy regtig uit die hart sing. Hy weet net hoe om oor dinge soos die liefde en hartseer te sing op 'n manier wat enigeen kan verstaan.


"Roux weet net hoe om 'n storie te vertel. Wanneer hy op die verhoog staan, voel dit amper of hy sommer net vir jou persoonlik sing."

Wat jy kan verwag:




Kaartjies vir die Aardklop-feesterrein is maklik om te kry op Webtickets, by enige Pick n Pay, of sommer by die hekke wanneer jy in Potchefstroom aankom. As jy van goeie, eerlike Afrikaanse musiek hou, moet jy beslis 'n draai by Roux Cloete se show gaan maak!Volg Roux Cloete Spotify : Kliek HierYouTube : Kliek HierFeesterrein: Inligting


Foto (Facebook) : Aardklop Nasional Kunstefees

Ons feesterrein op die oewer van die Mooirivier bied samesyn, kos- en kunsvlytstalletjies van uitstaande gehalte en vermaak vir die hele gesin. Veilige en gerieflike parkering naby die terrein is ingesluit, vanaf Hennie Bingle-straat se ingang.


Datums en tye: 29 September tot 3 Oktober 09:00-20:00Terreinkroeg: 11:00-23:00


🎟️ Toegangskaartjies: Seatme.co.za


Aardklopkantoor by The Roots, of by die ingangshekke tydens die fees.


GEEN KONTANT sal by die ingangshekke of kantoor aanvaar word nie.


Dagkaartjie: R80 (Dinsdag en Woensdag), R120 (Donderdag, Vrydag en Saterdag)

Weekkaartjie: R350

Kinders o.12: Gratis


Die kinderspeelpark sal daagliks vanaf 29 September tot 3 Oktober tussen 09:00 en 21:00 oop wees.Geen kinderoppasdiens is beskikbaar nie!


Toegangskaartjies sal by die ingang van die speelpark beskikbaar wees met kontant- en kaartgeriewe.


Kostes sal nader aan die fees op die webblad beskikbaar wees.