Aardklop
Vier Erfenisdag met afslag op uitgesoekte kaartjies vir Momentum Aardklop
Momentum Aardklop is ’n Suid-Afrikaanse kunstefees, in Afrikaans.
Suid-Afrikaners is ’n uiteenlopende klomp mense met ’n ewe uiteenlopende erfenis. Maar daar is ook heelwat wat ons saambind. Die kunste is een daarvan. Dit steek grense van alle aarde oor, van taal tot kultuur. Vier dus dié Erfenisdag eerder die dinge wat ons verenig as die dinge wat ons verdeel – met 30%-afslag op uitgesoekte kaartjies vir Momentum Aardklop.
Kry jou afslag só
Om dié afslag te kry (sien onder vir die produksies waarvoor dit geld), gaan na SeatMe.co.za, kies die produksies waarvoor die promosie geld, en wanneer jy betaal, voeg jy die kode TROTS26 in (let wel, die “o” in “TROTS” is inderdaad ’n hoofletter-o, en nie die syfer nul nie).
Baie belangrik: Jy kan net tussen Donderdagoggend 24 September (Erfenisdag) om 08:00 en Saterdagoggend 26 September om 08:00 van hierdie spesiale aanbod gebruik maak.
Die produksies waarvoor die afslag geld, is:
Coenie @70: Noudat die legendariese Coenie de Villiers die 70-kerf verbysteek, bied hy in hierdie debuutproduksie ’n intieme en baie persoonlike terugblik op sy dekades in die vermaakbedryf. (Volprys: R230. Afslagprys: R161)
Belofte van vere: Dié huldeblyk aan die ontslape Breyten Breytenbach is terug by Momentum Aardklop op openbare aandrang. Met: Rolanda Marais en Eben Genis (stemkuns), Ilse Klink (sang), Concord Nkabinde (baskitaar), David Klassen (tromme), Leon Gropp (kitaar en sang) en Laurinda Hofmeyr (klawers en sang). (Volprys: R230. Afslagprys: R161)
Boesman en Lena: Dié klassieke Athol Fugard-stuk is ’n boeiende blik op die verwikkeldheid van verhoudings en sosiale ongeregtigheid. Met Veronique Jephtas, Brendon Daniels en Tshamano Sebe (Volprys: R230. Afslagprys: R161)
Sandra Prinsloo: Die ander dogter: Dié vertaling van die outobiografiese teks deur die Franse skrywer Annie Ernaux, wat in 2022 die Nobelprys vir letterkunde ontvang het, is ’n ragfyn stuk oor skuld, familie en verlies. Moenie die kans misloop om die weergalose Sandra Prinsloo op die planke te sien nie. Regie deur die bekroonde Lara Foot. (Volprys: R250. Afslagprys: R175)
Seun: Ná suksesvolle speelvakke en verskeie bekronings keer Seun op aanvraag terug na Aardklop. Die produksie het vyf Momentum Aardklop-pryse in 2025 ontvang, waaronder beste toneelaanbieding, beste regie en gehoorgunsteling, en is ook bekroon met die Woordtrofee vir beste eenpersoonsvertoning by die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2025. Die teks is ’n verwerking van Dana Snyman se outobiografiese werk. Met Wilhelm van der Walt. (Volprys: R220. Afslagprys: R154)
HÄNDEL & DIE DONKIE: Van jazz tot pop tot die barokklanke van Georg Friedrich Händel, Nataniël bring sy wye musikale repertoire, aangebied met ’n nuwe versameling verhale. Hy deel die verhoog met Steinway-pianis Charl du Plessis, asook Leonie Greyling (viool), Daline Mitchley (viool), Kate White (viola) en Kerryn Wisniewski (tjello). (Volprys: R280. Afslagprys: R196)
‘KUNS’: Die gevierde Franse dramaturg Yasmina Reza se vlymskerp ‘Art’ is een van die suksesvolste eietydse teaterkomedies. Dit is in 20 tale vertaal en het talle pryse gewen het, onder meer ’n Laurence Olivier- en ’n Tony-prys. Dié Afrikaanse produksie het in 2025 vyf Kanna-pryse ontvang, onder meer vir beste toneelaanbieding en beste ensemble, asook ’n Woordtrofee vir beste ensemble. Met Ludwig Binge, Wessel Pretorius en Wilhelm van der Walt. Regie deur Marthinus Basson. (Volprys: R200. Afslagprys: R140)
Pietman Geldenhuys: Kampvuur tot kitaar: Pietman Geldenhuys was al Oppiestoep, Oppiewater, Oppikoppi, Oppikoffie en Oppiplaas, maar langs ’n kampvuur is hy eintlik tuis. Kom luister na hoe die vuur insypel in stories en liedjies wat jou behoorlik sal laat glo jy ruik die kole. (Volprys: R180. Afslagprys: R126)
Charl du Plessis Trio: Take a Sad Song and Make It Better: Ná die sukses van Bach & Beatles kyk Charl du Plessis, Werner Spies en Peter Auret terug op musikale hoogtepunte van die afgelope twee dekades. (Volprys: R200. Afslagprys: R140)
Davel en Klink: In harmonie: Anna Davel en Ilse Klink is twee vroue wat al vir jare lank Suid Afrikaanse stories vertel deur middel van musiek, film, teater, televisie en sang. Nou span hulle saam om die tema van liefde en hoop te verken. Ook met Jody Jason Petersen (klavier). (Volprys: R200. Afslagprys: R140)
Die Boulevard Harmoniste: Nou of nooit!: Die Boulevard Harmoniste neem jou op ’n a cappella-musiekreis deur oomblikke wat ons almal ken: die gejaag van tyd, die stilte van die nag, verlange na vervloë dae, en die vreugde van saam onthou. Met Lara Badenhorst (sopraan), Kristen Koekemoer (mezzo-sopraan), Lanka Stols (alt), Hava-ja-toivo Carels (tenoor), Daniël van Wyk (bariton), Frans Venter (bas), Kobus Venter (musiekregisseur). (Volprys: R170. Afslagprys: R119)
Hofmeyrs in konsert: Van liefde en die nag: Twee van die mens se rykste bronne van musikale inspirasie, naamlik die liefde en die nag, word in hierdie meesleurende program gevier. Met Hendrik Hofmeyr, Zanta Hofmeyr, Malané Hofmeyr-Burger, Laurinda Hofmeyr en Schalk Joubert. (Volprys: R180. Afslagprys: R126)
Jubilate Deo: Hierdie koor-en-orkeswerk gee lewe aan Psalm 100 deur ’n verskeidenheid tale en kulture – van Latyn en Hebreeus tot Zoeloe en Mandaryns. Met NWU Orkes en kore. Komposisie en verwerking deur Dan Forrest. (Volprys: R180. Afslagprys: R126)
Pad na Soekmekaar: In ’n weggesteekte hoekie, in die plaaslike kroeg êrens aan die Wes-Rand, met toemaaktyd om die draai, ontmoet ons ’n doodgewone 68- jarige ou in die herfs van sy jare, op soek na kameraadskap en konneksie. Luister in terwyl die voormalige motorverkoopsman Derrick de Witt ’n ongesiene vreemdeling trakteer op verhale wat soms wye draaie loop. Met André Odendaal. Teks en regie deur Paul Slabolepszy. (Volprys: R180. Afslagprys: R126)
Rocco de Villiers: Klawer: Rocco de Villiers die gehoor op ’n reis deur die klein, kleiner en kleinste dorpies van Suid-Afrika. Hierdie konsert is meer as net musiek – dit is ’n eerbetoon aan die mense en plekke wat sy pad oor 27 jaar gevorm het. (Volprys: R230. Afslagprys: R161)
Leon Gropp: Sê dit soos dit is: Verwag ongevraagde kommentaar, lewenslesse, ’n poging tot stand-up comedy, diepere kuns, woordspeling en pappa-grappe (dad jokes) – alles keurig in musikale vorm aangebied. Met Leon Gropp (sang en kitaar), Marcel Dednam (klavier) en Jardus Smith (tromme). (Volprys: R180. Afslagprys: R126)
Vincent: His Quest to Love and Be loved: Dié bekroonde kleinkuns-musiekspel wat al drie Naledi-pryse gewen het, belig die lewe en werk van Vincent van Gogh op ’n vindingryke en aangrypende manier. Met Daniel Anderson & Paul Ferreira. (Volprys: R200. Afslagprys: R140)
Spesiaal vir die jonger geslag
Twit maak maats op Robbeneiland: Wanneer Twit se ruimtetuig herstelwerk moet ondergaan, besluit hy om Robbeneiland vir die dag te verken. Met Melandi Swiegelaar, Luan Maartens en Chrizaan Raath. (Volprys: R100, R50 vir kinders onder 10. Afslagprys: R70 en R30 vir kinders onder 10)
Twit verdwaal in die Kangogrotte: Wanneer die ruimteverkenner Twit by die Kangogrotte aankom, is hy oortuig dat hy niemand se hulp nodig het nie – veral nie dié van die toergids Bekkie nie. Maar wanneer hy alleen die grotte invaar, verdwaal hy hopeloos . . . Met Melandi Swiegelaar, Luan Maartens en Chrizaan Raath. (Volprys: R100, R50 vir kinders onder 10. Afslagprys: R70 en R30 vir kinders onder 10)
Twit se trippie in die Knysnabos: Die avontuurlustige ruimteverkenner Twit arriveer in die Knysnabos met een doel voor oë – om die legendariese Grootvoet op te spoor. Saam met Skorrie Hardebaard en Babbie, ’n slim apie wat die bos beskerm, vertrek hy op ’n gevaarlike tog deur die woud. Met Melandi Swiegelaar, Luan Maartens en Chrizaan Raath. (Volprys: R100, R50 vir kinders onder 10. Afslagprys: R70 en R30 vir kinders onder 10)
*Let wel, hierdie afslag is slegs van toepassing op die volle kaartjieprys. Hartsvriende en pensioentrekkers betaal reeds minder vir kaartjies vir sommige van hierdie produksies, en kom daarom nie noodwendig vir hierdie afslag in aanmerking nie.

Momentum Aardklop
29 September – 4 Oktober
Webblad: aardklop.co.za
Facebook: Aardklop Nasionale Kunstefees
Instagram: @aardklopkunstefees
Navrae: alexa@aardklop.co.za en cindy@aardklop.co.za
