The Go-To Guy
The Gazette · North West News
👤 My Account
← Back to The Gazette
Potch Geesfees

Agri@Potch Geesfees Bring Landbou Gesprekke Na Lekwena

By Amanda Bekker24 Aug 2026👁️ 172 views
Agri@Potch Geesfees Bring Landbou Gesprekke Na Lekwena
Landbou raak almal se lewe, van die kos op die tafel tot die ekonomie in die land. Die InteliGro-Ledelokaal bied op 28 en 29 Augustus 2026 ’n reeks gratis gesprekke en paneelbesprekings aan by die Lekwena Privaat Wildreservaat. Die Agri-afdeling is heeltemal gratis om by te woon. Vir die res van die fees is kaartjies aanlyn beskikbaar op Tixsa.
Vrydag Se Program: Tegnologie En Volhoubaarheid

Die eerste dag skop om 09:00 af met 'n dubbele sessie oor die toekoms van landbou en geleenthede in die bedryf. Sprekers sluit in Lesley Swanepoel (Bayer FieldView), Gerrie Ludick (InteliGro), Elbé Visagie (Meerkat Aanlyn Veilings), Nicolaas Erasmus (MBFI) en Kobus Bester (SA Stoetvereniging), met Janet Lawless as fasiliteerder.

Vrydagmiddag om 14:30 volg 'n paneelbespreking oor "Die Besigheid in Volhoubare Landbou". Dr. Theo de Jager (SAAI), Kobus Bester, Johan Janse van Rensburg (ALS Groep) en Carla de Kock (Serfontein Groep) gesels oor diversifisering en groei. Die dag sluit om 16:00 af met 'n optrede deur Adam Tas.

Saterdag Se Program: Dames En Moed Vir Môre

Saterdagoggend om 09:00 begin met 'n Damesgesprek deur Ds. Marike Els, aangebied deur Reinke. Die tema "Jy dra almal, maar wie dra jou?" fokus op balans en vreugde vir vroue.

Daarna verskuif die fokus na die "Moed vir Môre" paneelbesprekings:

Paneel 1 (10:30 - 11:45): Gerrie Ludick, Tom van Rooyen (Graan SA), Martin Harris (Agropedo), Prof. Johan Willemse en Dries Burger (Potchefstroom Akkerbou Studiegroep) bespreek geloof, groei en volharding.

Paneel 2 (11:45 - 13:00): Kobus Bester fasiliteer 'n gesprek met Victor Lourens (Rock Beefmasters), Stompie Olivier (Hotspot Cattle), Carla de Kock (Serfbred Brahmane), Johan Strydom (SJS Droughtmasters) en Awie Barnard (Mooirivier Studiegroep).

Daar is volop geleenthede om uitdagings en oplossings in die bedryf te bespreek, netwerke te bou en meer te leer.
#Potchefstroom#Social