National News
Volronde oomblik vir JACOBUS met Demi Lee Moore-duet
Foto : Hendri Fourie
Vir JACOBUS het sy musiekloopbaan begin met die liedjie wat uiteindelik tot ’n besonderse
samewerking sou lei. Nadat hy ’n weergawe van Demi Lee Moore se wenliedjie uit die eerste
seisoen van Die Kontrak, “Mis Eet Slaap Herhaal”, opgeneem het, het hy die aandag van
Coleske Artists gevang – en dié oomblik het uiteindelik tot ’n platekontrak gelei.
Nou staan JACOBUS en Demi Lee Moore langs mekaar as ’n duet op hul splinternuwe
enkelsnit, “Probeer”, wat pas uitgereik is. Vir dié jong sanger en liedjieskrywer voel dit soos ’n
“volronde oomblik” in sy loopbaan.
“Dit het gevoel soos ’n droom toe Demi Lee sê sy wil saam met my die liedjie sing. My
loopbaan het begin met ’n weergawe van haar ‘Mis Eet Slaap Herhaal’, so dit is regtig ’n full
circle moment,” sê JACOBUS.
“Probeer” is deur JACOBUS self geskryf en is ’n emosionele hartsliedjie wat luisteraars die
geleentheid bied om hulself in die storie te verloor.
“Ek wou graag ’n hartsliedjie skryf wat mense kan geniet wanneer hulle ’n meer emosionele
ervaring wil hê. Die liedjie het my dieselfde gevoel as ‘Mis Eet Slaap Herhaal’ gegee, en ek kon
nie die geleentheid misloop om haar te vra nie.”
Die samewerking met Demi Lee was vir JACOBUS nie net ’n besonderse loopbaanoomblik nie,
maar ook ’n waardevolle ervaring.
“Dis so lekker om te sien hoe ander mense in die bedryf die proses benader, en sy is regtig net
’n plesier om mee te werk.”
Die musiekvideo vir “Probeer” is laat in Pretoria verfilm deur Eric T Graham en Tehan Buys van
ETG Creative. ’n Klassieke Mercedes-Benz vorm deel van die visuele verhaal en rond die video
af.
Volgens JACOBUS vertel die musiekvideo dieselfde storie vanuit twee verskillende
perspektiewe. “Die musiekvideo wys dieselfde kant van ’n storie uit twee verskillende
perspektiewe. Dit vertel die storie van die liedjie deur goeie beligting en verbeelding.”
Die verfilming was volgens hom ’n besonderse ervaring – selfs al het Pretoria se winterkoue dit
nie maklik gemaak nie. “Dit was ’n great ervaring, baie koud, maar baie lekker. Die span was so
nice en het presies geweet wat hulle soek, wat dit baie maklik en lekker gemaak het.”
Vir JACOBUS hoop hy die liedjie en video sal ’n plek vind by mense wat soms net ’n oomblik
nodig het om asem te haal, te ontspan en hul eie emosies te verwerk.
“Ek hoop mense geniet die storie. Dis een waarna mens kan luister as jy bietjie wil chill en
ontspan. As daar mense is wat hulself daarmee vereenselwig, kan dit ’n goeie uitlaat wees,”
sluit JACOBUS af.

Foto Krediet : Hendri Fourie

Demi Lee Moore & Jacobus - Probeer (Amptelike Musiekvideo)
Kyk HierTikTok : Kliek Hier
Volg Demi Lee Moore
Facebook : Kliek Hier
YouTube : Kliek Hier
Instagram : Kliek Hier
TikTok : Kliek Hier
Volg Demi Lee Moore
Facebook : Kliek Hier
YouTube : Kliek Hier
Instagram : Kliek Hier
TikTok : Kliek Hier
#Artist#Musicians#Coleske Groep#New Song