The Go-To Guy
The Gazette · North West News
← Back to The Gazette
Potch Geesfees

Potch Geesfees 2025: Alles wat jy moet weet voor jy jou stalletjie opslaan

By Amanda Bekker10 Jul 2025👁️ 5 views
As daar een ding is wat Potchefstroom elke jaar regkry, is dit om ‘n fees te gooi wat die dorp behoorlik laat lewe. Die Potch Geesfees is terug van Vrydag 29 Augustus tot Saterdag

As daar een ding is wat Potchefstroom elke jaar regkry, is dit om ‘n fees te gooi wat die dorp behoorlik laat lewe. Die Potch Geesfees is terug van Vrydag 29 Augustus tot Saterdag 30 Augustus 2025, en as jy een van daai mense is wat graag jou lekker kos, handgemaakte goed of funky klere wil uitstal, dan moet jy hierdie stukkie mooi lees. Hier’s die lowdown, in regte Potch-styl.


Hoe om in te skryf

Die aansoekproses is redelik reguit, maar moenie lui wees nie. Jy moet die vorm mooi lees, elke bladsy teken, ‘n kopie vir jouself hou, en as jy twee spasie soek, moet jy twee vorms invul. Geen foto’s van jou stalletjie? Dan’s daar ook geen kans dat jy gekeur word nie. Aansoeke sluit in twee fases:


𝑽𝒐𝒍𝒈 𝒅𝒊𝒆 𝒔𝒌𝒂𝒌𝒆𝒍 𝒐𝒎 𝒋𝒐𝒖 𝒂𝒂𝒏𝒔𝒐𝒆𝒌𝒗𝒐𝒓𝒎𝒔 𝒂𝒇 𝒕𝒆 𝒍𝒂𝒂𝒊: https://bit.ly/4k80gcw 📬 of stuur vir Jessica en Joey 'n epos na geesfeespotch@gmail.com met jou navraag.

Die aansoekvorms kan ook via ons webblad afgelaai word:www.geesfeespotch.co.za


Jy’s nie net 'n nommer nie, maar ook nie ‘n sekerheid nie

Selfs al was jy laasjaar daar, beteken dit nie jy is weer in nie. Alle aansoeke word gekeur en die komitee se besluit is finaal. As jy teen 11 Julie niks hoor nie, stuur ‘n e-pos, maar moenie probeer bel nie.


Wat jy mag verkoop (en wat nie)

Kry jou hoofproduk reg, want jy mag dit nie later verander nie. En moenie skelm produkte bysit wat jy nie vooraf opgegee het nie, dis nie ‘n vlooimark nie. Rasistiese of seksistiese goed? Vergeet daarvan. Gehalte tel, drama nie.


Kosstalletjies? Dis nie net chips en wors nie

As jy kos wil verkoop, moet jy 'n tydelike gesondheids-sertifikaat hê van jou plaaslike munisipaliteit (Potch val onder JB Marks, net so terloops). Jy’t ook ‘n 9 kg brandblusser nodig. Die ou met die roosterbrood gaan nie jou hele stalletjie afbrand nie, dis net vir ingeval.


Jou stalletjie, jou spasie (bly binne jou lyne)

Jy kry die presiese grootte wat jy aansoek voor gedoen het. Geen uitbreiding, geen afsnyding, geen “net gou skuif” nie. As jy vergeet het van jou baniere en borde, jammer vir jou. En moenie buite jou ruimte begin adverteer nie.


Handelsure en reels vir voertuie

Jy moet vir die volle tyd daar wees:


Tussen hierdie tye mag geen voertuig op die terrein wees nie. As jy probeer smokkel, sal jy vrae moet beantwoord... buite die feesgronde.


Betaal betyds, of moenie kla nie

Daar’s nie plek vir laatbetalers nie.


Kanselleer? Dis nie vir free nie

As jy binne 30 dae kanselleer, verloor jy 50% van jou geld. Binne 14 dae? Dan kry jy niks terug nie. En jy moet dit skriftelik doen, anders gebeur daar niks.


Permitte, parkering en die boring goed


Bring saam


Moenie wag tot die laaste minuut nie. Kry jou admin reg, bring jou gees saam en onthou, dis ‘n fees, nie ‘n drama nie. Dis Potch. Dis Geesfees. Dis regtig net ‘n goeie tyd.