The Go-To Guy
The Gazette · North West News
← Back to The Gazette
Aardklop

Momentum Aardklop 2026 - Heelwat Openbare Gesprekke Gratis By The Roots

By Amanda Bekker18 Aug 2026👁️ 103 views
Die mens is nou maar eenmaal ’n groepdier. Een grotmens het immers nie ’n kat se kans teen ’n sabertandtier gehad nie, maar ’n groep van hulle kon ’n mammoet neervel en sommer die hele winter lank kos hê. Vandag hoef ons meestal nie weerbaar teen roofdiere te wees nie, maar die menslike psige is steeds ewe geanker in saamwees. Ons vertel stories, ons maak sin van die wêreld deur met mekaar daaroor te praat, ons ontleed, bespreek en bespiegel.

Soos elke jaar, het Momentum Aardklop weer ’n stewige aanbod openbare gesprekke. Dit wissel van karre en romanse tot misdaad en die politiek. Boonop is ál die gesprekke gratis. As jy die fees van 29 September tot 4 Oktober besoek, kan jy gerus by The Roots uitkom. Daar is altesame 25 heel uiteenlopende gesprekke op die opdeksel.

Memoires En Die Kunste

Ja, dit is korrek! Volgens die program is daar ’n hele paar memoires en biografiese boeke wat vanjaar bespreek word:


Vroue, Romanse En Menswees

Van vrouwees en mawees tot romanse, menswees en moord kom vanjaar onder die loep in die ATKV-Boeke-Oase. In Die stories wat ons vorm gesels die skrywer van Einde en begin, Michelè Meyer, met Phyllis Green oor dié roman. Dit handel oor die dinge wat ons agterlaat, die mense wat ons vorm, en die nuwe beginne wat uit elke einde kan groei.

Phyllis Green lei ook die gesprek Grensloos en Kanniedood: Vroue wat nie terugstaan nie. Sy gesels met Wilna Adriaanse (Grensloos) en Irna van Zyl (Kanniedood) oor hul spanningsromans waarin die hoofkarakter elk ’n sterk, onverskrokke vrou is.

Op ’n sagter noot gesels Elize Parker (Die eilandbruid se sluier), Sunet du Plessis (Groete uit Skotland) en Frenette van Wyk (Om weer te dans) in O, die liefde is ’n wonderlike ding met Cliffordene Norton. Hulle praat oor hoe die liefde en geloof in hul boeke hande vat.

Die praatjietitel Vrouwees, in al sy fasette spreek van homself. Drie vroue is aan die woord: Danielle van Heerden (Die hart van ’n ma), Gerridene Berg (Goed genoeg) en Rachelle Fourie (My hart klop so). Die gesprekleier is Ester Roux.

Irma Joubert gesels oor haar nuwe boek, Rebekka van Kameeldoornplaas, met Elize Parker. Die hoofkarakter, Rebekka, is ’n skrander leerling wat lief is vir skool en haar boeke, maar haar versukkelde pa "verkoop" haar aan die Wright-gesin om in Engeland kinderoppasser te word.

Mans, Geskiedenis En Misdaad

Jong mans bly nie uitgesluit nie. In Seuns, mans en die soeke na behoort gesels Thys Human met Frederick Botha, die skrywer van Seuns weet. Dis ’n vars blik op die samelewing vanuit die oogpunt van ’n komplekse verteller.

Daar is twee boekgesprekke met ’n geskiedkundige grondslag:

Vir die riller-liefhebbers gesels Martin Steyn met Dibi Breytenbach oor sy nuwe boek, Blinde kol. Dié gyseldrama bied ’n blik op geestelike versteurings en die gevaarlike idees op die buitewyke van die samelewing. Dibi Breytenbach en haar broer Henk gesels ook oor Doodskoot, die krimi wat hulle saam met Jan Vermeulen en Christelle Wessels geskryf het. Elke hoofstuk van die boek is omtrent so lank soos ’n Facebook-post.

Nog ’n boek wat aandag geniet, is Die Spoegvanger deur Stefanus S. Viviers. Hy gesels met Salomé Kotze oor dié vertelling van ’n jong seun wat op ’n plaas aan die oewers van die Vaalrivier grootword.

Padvarke, Die Politiek En Aktuele Sake

In Glo dit of nie, die media is steeds springlewendig praat Barnard Beukman, stigtersredakteur van Die Papier-koerant, openhartig oor die werklike stand van sake in die media en beantwoord vrae.

Die renjaers Peter en Paige Lindenberg maak ook ’n draai. In Flat Out and Fearless gesels hulle met Ernest Page oor Peter se lang loopbaan en Paige se uitdagings as vrou in die wêreld van spoed. Ernest Page is weer die gesprekleier vir Van Padvark tot Podium, met Paige en Kriya Gangiah, waar hulle praat oor die verhale van waagmoed en veerkragtigheid agter die renhelms.

Politiek en aktuele sake kry ook goeie beurt:

Iets Vir Die Kinders

Die volledige program vir die LAPA Lekkerleesminuut word nog gefinaliseer. Soos verlede jaar lees jou gunsteling-Aardklopsterre weer elke dag op dieselfde plek en tyd ’n ander kinderboek voor. Bywoning is nie net vir die kleintjies nie, grootmense kan sommer saamkom.


#Aardklop#Potchefstroom