The Go-To Guy
The Gazette · North West News
← Back to The Gazette
Aardklop

Winter is koud, maar hierdie kaartjies is warm

By Amanda Bekker30 Jun 2026👁️ 18 views
Die langste nag van die jaar is verby en die winter is nou in volle gang. Dis in hierdie koue, mistroostige tye wat ’n mens jouself iets moet gee om na uit te sien. Gelukkig het Mo

Die langste nag van die jaar is verby en die winter is nou in volle gang. Dis in hierdie koue, mistroostige tye wat ’n mens jouself iets moet gee om na uit te sien. Gelukkig het Momentum Aardklop besluit om te help om die winterblues te verdryf met ’n lekker 30%-afslag op uitgesoekte feeskaartjies. Nou het jy ten minste ’n goeie rede om die koue te trotseer.


Só maak jy om te spaar

Om die afslag te kry, moet jy net na SeatMe.co.za gaan en jou produksies kies. Wanneer jy reg is om te betaal, gebruik jy die kode YS1G26 om jou afslag te kry.


Maar wees gewaarsku: hierdie spesiale aanbod is slegs geldig tussen Vrydagoggend 3 Julie om 08:00 en Sondagoggend 6 Julie om 08:00. Jy sal dus vinnig moet speel.


Onthou ook dat hierdie afslag net vir die volle kaartjieprys geld. Mense wat reeds minder betaal, soos Hartsvriende en pensioentrekkers, kwalifiseer nie vir die ekstra afslag nie.


Die produksies op die lys

Daar is ’n hele paar uitstekende vertonings waarvoor die afslagkode geld. Hier is die lys van produksies wat jou beursie minder gaan laat skraap:


COENIE@70

Coenie de Villiers vier sy 70ste jaar op die planeet en meer as 40 jaar in die kunste. Hierdie debuutproduksie is ’n intieme terugblik op sy lewe met liedere wat nie gereeld gehoor word nie.

Seatme

Oorsprong

Die pianis en komponis Marcel Dednam maak sy feesdebuut met eie komposisies en jazzverwerkings van bekende liedjies. Hy deel die verhoog met Werner Spies, Peter Auret en gaskunstenaars.

Saetme

The Scullery Quintet: Seasoned to Taste!

Hierdie bekroonde kwintet bring ’n splinternuwe program waar klassieke meesterstukke met vars interpretasies en volksliedjies van die Balkan tot Suid-Afrika aangepak word. Die musiekregie is deur Peter Auret, met Hana Yim-Wahl, Waldo Alexander, Tiisetso Mashishi en Viwe Mkizwana op die verhoog.

Seatme

Die Boulevard Harmoniste

’n A cappella-musiekreis wat klassieke meesterwerke met hedendaagse gunstelinge verweef. Die groep bestaan uit Lara Badenhorst, Kristen Koekemoer, Lanka Stols, Hava-ja-toivo Carels, Daniël van Wyk en Frans Venter, onder leiding van Kobus Venter.

Seatme

Davel en Klink: In harmonie

Anna Davel en Ilse Klink bring hul KKNK Kanna-benoemde produksie na die fees. Verwag musiek van Joni Mitchell tot Anneli van Rooyen, met Jody Jason Petersen op die klavier.

Seatme

Belofte van vere

Hierdie spesiale program bring hulde aan Breyten Breytenbach vir sy laaste speelvlak. Dit sluit opnames van sy eie voorlesings en nuwe toonsettings in. Die span bestaan uit Rolanda Marais, Eben Genis, Ilse Klink, Concord Nkabinde, David Klassen, Leon Gropp en Laurinda Hofmeyr.

Seatme

‘KUNS’

Hierdie produksie het in 2025 vyf Kanna-pryse en ’n Woordtrofee gewen. Onder regie van Marthinus Basson word die vriendskap van drie vriende getoets wanneer een ’n baie duur skildery koop. Die rolle word vertolk deur Ludwig Binge, Wessel Pretorius en Wilhelm van der Walt.

Seatme

Romantic Jazz for Violin and Piano

Prof. Piet Koornhof op die viool en emeritus professor Nicol Viljoen op die klavier sorg vir ’n nostalgiese aand met romantiese jazzmelodieë uit die goue era en goeie improvisasie.

Seatme

Hartsbriewe

Hannes van Wyk neem jou op reis met ’n keur van briewe, begelei deur Coenraad Rall op die klavier. Die teks is geskryf deur Desiré Gardner en Hannes van Wyk.

Seatme

Liefde, Lafras

Lafras (Gerben Kamper) sterf maar sy spook weier om die huis te verlaat, wat dinge vir Gertie (Antoinette Kellermann) moeilik maak. Die regie en stelontwerp is deur Wolf Britz.

Seatme