The Go-To Guy
The Gazette · North West News
← Back to The Gazette
Aardklop

Sandra Prinsloo Bring Nobelprys-Drama na Aardklop

By Amanda Bekker22 Jun 2026👁️ 10 views
As jy lus is vir ’n bietjie ernstige drama tussen al die feesjolyt deur, is daar een produksie op vanjaar se Momentum Aardklop-program wat jy beslis nie wil misloop nie. Sandra Pri

As jy lus is vir ’n bietjie ernstige drama tussen al die feesjolyt deur, is daar een produksie op vanjaar se Momentum Aardklop-program wat jy beslis nie wil misloop nie. Sandra Prinsloo is terug op die verhoog, en as sy betrokke is, weet jy sommer klaar dit gaan kishou-teater wees.

Beeld: Webblad - Momentum AarBeeld: Webblad - Momentum Aardklopdklop

Die Storie Agter die Trane

Die storie is nogal 'n intense een, maar op die beste moontlike manier. Verbeel jou jy is tien jaar oud en jy vind per ongeluk uit jy het eintlik 'n ouer suster gehad wat twee jaar voor jou geboorte oorlede is. Dit is presies wat met die Franse skrywer Annie Ernaux gebeur het. Sy het terloops in 2022 die Nobelprys vir letterkunde gewen.


Skielik besef hierdie meisie sy is nie 'n enigste kind nie. Sy is eintlik net die "replacement" vir 'n groot, donker gat in haar ouers se lewe. Die stuk weef 'n fyn web rondom skuldgevoelens, familiegeheime en daardie tipe verlies waarvoor mense nie altyd woorde het nie.


Die Mense Wat Dit Laat Gebeur

Hierdie produksie is nie sommer 'n vinnige skoolkonsert nie. Die Toyota Stellenbosch Woordfees het die beursie oopgemaak as vervaardiger, en hulle bring top-vlak talent saam:


Die produksie is 'n volwaardige drama wat in die Ouditorium op die planke gaan wees. Dit duur presies 60 minute. Los asb. die laerskoolkinders by die huis, want daar is 'n ouderdomsbeperking van geen o.13.


Tye en Datums vir Jou Dagboek

Die vertonings is lekker vroeg in die dag, so jy kan dit kyk en daarna nog rustig 'n pannekoek of 'n koue enetjie iewers gaan vang.

  1. 29 September: 10:00

  2. 30 September: 10:00 en 12:30

  3. 1 Oktober: 10:00


Kaartjies

As jy jou plek wil bespreek, moenie wag tot jou skoonma jou herinner nie. Kaartjiepryse wissel na gelang van hoe vinnig jy besluit:

Die venue is geleë by Hoffmanstraat 11, Potchefstroom. Jy kan jou kaartjies sommer dadelik aanlyn koop by Seatme se webwerf:

Seatme