Vier van Afrikaans se grootste stemme span saam vir nuwemeesterstuk, ‘Yippee-Ki-Yay’
Wat gebeur wanneer vier van Afrikaans se gewildste kunstenaars saamspan vir ’n kragtige nuwe enkelsnit wat die hartsnare roer? Jy kry “Yippee-Ki-Yay” – Appel se splinternuwe enkelsnit saam met Ricus Nel, Riaan Benadé en Bok van Blerk.
Dié samewerking bring vier unieke stemme bymekaar in ’n liedjie wat veel meer is as net ’n lekker saamsingliedjie is. “Yippee-Ki-Yay” is ’n eerlike liefdesbrief aan Suid-Afrika – ’n viering van geloof, familie, harde werk en die waardes waarmee soveel Suid-Afrikaners grootgeword het.
Vir Appel was die inspirasie agter die liedjie baie persoonlik. “‘Yippee-Ki-Yay’ is vir my ’n brief uit my hart aan die mense van Suid-Afrika. Dis ’n liedjie oor geloof, familie, harde werk en die waardes waarmee baie van ons grootgeword het. Ons is ’n volk wat al baie moes deurmaak, maar wat elke keer weer opstaan.
Ek wou ’n liedjie skryf wat mense herinner aan hul wortels en hulle weer trots maak op hul taal, hul mense en hierdie mooi land. Dis nie ’n politieke liedjie nie. Dis ’n liedjie vir elkeen wat lief is vir Suid Afrika en glo dat ons beste dae nog voorlê.”
Hoewel die liedjie oorspronklik as ’n solo-opname beplan is, het dit vinnig ontwikkel in iets veel groter toe Ricus Nel, Riaan Benadé en Bok van Blerk hul stemme bygevoeg het. “Ek glo die liedjie het uiteindelik geword wat hy moes wees,” sê Appel.
“Elke ou bring sy eie karakter, storie en stem na die liedjie, maar ons deel dieselfde waardes. Dit voel nie soos vier kunstenaars wat saam op ’n lied is nie; dit voel soos vier vriende wat saam iets sing waarin hulle régtig glo. Ek dink dit gee die liedjie nog meer krag en maak die boodskap net soveel groter.”
Die emosionele impak van die liedjie was reeds duidelik onder die kunstenaars self. “Die song laat my verlang na mense wat ek nie ken nie, nostalgie op sy beste,” sê Ricus Nel. Riaan Benadé voeg by: “Ek sien so uit om te hoor hoe mense weer moed gekry het as gevolg van hierdie song!”
Appel hoop luisteraars sal hul eie verhale en herinneringe in die liedjie vind. “Ek hoop mense hoor hulself daarin. Dat hulle hul kinderdae onthou, die plaas, die dorp, die veld, die familie en die mense wat hulle gevorm het.
Ek hoop dit herinner mense dat daar, ten spyte van alles, nog ongelooflik baie is om voor dankbaar te wees. As mense saam begin sing en met ’n bietjie meer hoop en trots wegstap, dan het die liedjie sy doel bereik."
Saam met die enkelsnit word daar ook ’n musiekvideo uitgereik wat volgens Appel die emosie van die liedjie perfek vasvang. “Ek gaan nie te veel weggee nie, want ek wil hê mense moet dit self beleef wanneer dit uitkom,” verklap hy.
“Ek kan net sê ons het ongelooflik baie liefde, tyd en energie daarin ingesit om iets besonders te skep wat die hart van die liedjie vasvang. Die res gaan julle binnekort self moet sien.”
Met vier van die land se grootste name, ’n tydlose boodskap en ’n refrein wat bestem is om oor die land heen te weerklink, beloof “Yippee-Ki-Yay” om een van die grootste Afrikaanse musiekvrystellings van die jaar te wees – ’n liedjie wat nie net saamgesing gaan word nie, maar ook diep in mense se harte sal bly leef.
Appel, Riaan Benadé, Ricus Nel, Bok Van Blerk - Yippee-Ki-Yay
Luister dit hier
Apple Music : Kliek Hier
Spotify : Kliek Hier
Amazon Music : Kliek Hier
YouTube Music : Kliek Hier
Volg Riaan Benadé
Facebook : Kliek Hier
Instagram : Kliek Hier
TikTok : Kliek Hier
YouTube : Kliek Hier
Volg Appel
Facebook : Kliek Hier
Instagram : Kliek Hier
TikTok : Kliek Hier
YouTube : Kliek Hier
Volg Ricus Nel
Facebook : Kliek Hier
Instagram : Kliek Hier
TikTok : Kliek Hier
YouTube : Kliek Hier
Volg Bok van Blêrk
Facebook : Kliek Hier
Instagram : Kliek Hier
TikTok : Kliek Hier
YouTube : Kliek Hier