The Go-To Guy
The Gazette · North West News
← Back to The Gazette
Potch Gazette

Aardklop Is Terug: Hier Is Jou Gids Na Die Terreinverhoog

By Amanda Bekker24 Jun 2026👁️ 36 views
Die reuk van lekker kos, koue drinkgoed en goeie musiek is om die draai. Van 29 September tot 3 Oktober 2026 verander NWU Jool Plaas in,Van Der Hoff Park, op die oewer van die Mooi

Die reuk van lekker kos, koue drinkgoed en goeie musiek is om die draai. Van 29 September tot 3 Oktober 2026 verander NWU Jool Plaas in,Van Der Hoff Park, op die oewer van die Mooirivier in die plek om te wees vir die Momentum Aardklop Terreinverhoog. As jy wil weet wie sing, wat dit kos en hoe die pendeldiens werk, is jy op die regte plek.

Beeld: Facebook - Momentum Aardklop

Die Line-Up: Wie Sing Wanneer?

Die verhoog gaan behoorlik gons met plaaslike talent. Hier is die volledige skedule sodat jy jou dae kan beplan:


Dinsdag, 29 September


Woensdag, 30 September


Donderdag, 1 Oktober


Vrydag, 2 Oktober


Saterdag, 3 Oktober


Kaartjies En Hektye

Hekke vir die feesterrein is daagliks oop vanaf 09:00 tot 20:00. Die goeie nuus vir die dorses is dat die terreinkroeg oopbly vanaf 11:00 tot 23:00.


As jy die hele week wil kuier, kos ’n Weekkaartjie R350. Vir diegene wat net ’n dag of twee wil deurmaak, is die pryse soos volg:


Kaartjies is aanlyn beskikbaar by SeatMe. Parkering is gratis en gerieflik naby die terrein beskikbaar as jy deur die Hennie Bingle-straat se ingang ry.

Seatme

Stalletjies En Kinderspeelpark

Daar is meer as 50 kosstalletjies om van te kies. Tussendeur die etery kan mense deur meer as 300 kunsvlytstalletjies stap vir alles van handgemaakte produkte tot snuisterye.


Vir die jonges is daar ’n kinderspeelpark wat daagliks oop is van 09:00 tot 21:00. Kaartjies hiervoor word by die speelpark se ingang verkoop met kontant of kaart. Die presiese koste sal nader aan die tyd op die webtuiste geplaas word.


Belangrike nota: Daar is GEEN kinderoppasdiens nie, so ouers moet self ’n oog hou. Onthou ook dat geen vuurwapens of troeteldiere toegelaat word nie, behalwe natuurlik gidshonde.


Moenie Sukkel Met Parkering Nie: Gebruik Die Pendeldiens

Om tussen venues te rits is maklik danksy die plaaslike pendeldiens. Die busse vertrek vanaf die sentrale punt oorkant die hoofingang.


Dit werk met ’n voorafbetaalde koopbewys-stelsel (geen kontant op die bus nie, maar fooitjies vir die drywer is welkom). Die bestuurder pons jou kaartjie per rit, wat uitwerk op R20 per rit.


Jy kan koopbewyse van R40, R120, R200 of R400 koop by:

Onthou net om jou aanlyn koopbewys uit te druk sodat die drywer dit kan pons.

Seatme