The Go-To Guy
The Gazette · North West News
← Back to The Gazette
Potch Geesfees

Potch Geesfees 2025: Wat jy moet weet as jy wil uitstal

By Amanda Bekker23 Jul 2025👁️ 4 views
Die Potch Geesfees is weer om die draai en dit lyk of 2025 se fees selfs groter gaan wees. Hier’s ‘n kort en kragtige gids vir almal wat belangstel om ‘n stalletjie te bespreek, so

Die Potch Geesfees is weer om die draai en dit lyk of 2025 se fees selfs groter gaan wees. Hier’s ‘n kort en kragtige gids vir almal wat belangstel om ‘n stalletjie te bespreek, sonder die fieterjasies.


Waar en wanneer?

Die Geesfees 2025 word gehou op Vrydag 29 Augustus en Saterdag 30 Augustus. Uitstallers mag hul stalletjies op Donderdag, 28 Augustus begin opslaan vanaf 09:00 en moet gereed wees teen Vrydag 12:00. Niemand mag voor Sondag oggend, 31 Augustus, begin afpak nie.

Hoe om aansoek te doen

Jy moet die volledige aansoekvorm invul (drukskrif, asseblief), elke bladsy parafeer en onderteken, en foto’s van jou stalletjie en produkte insluit. Sonder die foto’s word jou aansoek nie oorweeg nie. As jy meer as een spasie wil bespreek, moet jy 'n aparte vorm vir elkeen invul.


Aansoekvorms moet per e-pos ingestuur word na: geesfeespotch@gmail.com.


Geesfees 2025 - STALLETJIE AANSOEKVORM.pdfDownload PDF • 2.34MB

Belangrike sperdatums


Let wel: Geen kontant word aanvaar nie. Gebruik slegs EFT of direkte bankdeposito.


Stalletjie tipes en pryse

Volgens die aansoekvorm op bladsy 3, is daar verskeie opsies vir stalletjies, van buitespasies tot premium saalruimtes. Hier’s ‘n paar voorbeelde:


Wie mag verkoop – en wat

Jy moet op die vorm duidelik aandui watter produkte jy gaan verkoop en wat jou hoofproduk is. Jy mag nie jou hoofproduk verander nie, en jy mag ook nie ander produkte verkoop wat nie op die vorm aangedui is nie. As jy iets wil byvoeg, moet jy dit skriftelik aanvra vir goedkeuring.


Produkte mag nie enige rassistiese of seksistiese boodskappe bevat nie. Gehalte is belangrik, en die Geesfees sal probeer om oorvleueling van soortgelyke produkte te beperk.


Kosverkopers: spesiale reëls

Kosstalletjies moet ‘n gesondheidsertifikaat hê van die toepaslike distriksdepartement (bv. JB Marks, Kenneth Kaunda, Tshwane, ens.). Jy moet ook jou eie brandblusser (minstens 9 kg) hê.


Daar is ook higiëne-vereistes:


Toegang en parkering

Elke gewone stalletjiehouer kry 2 toegangsbandjies vir die naweek. As jy meer wil hê, kos dit R100 elk (maksimum van 2 ekstra per stalletjie). Kosstalletjies kry 4 gratis en mag tot 4 ekstra koop.


Reëls vir gedrag en opruim


Wangedrag, laat betaling of oortreding van reëls kan lei tot onmiddellike verwydering van die terrein.


Kansellasie en terugbetalings

As jy binne 30 dae voor die fees kanselleer, sal slegs 50% van die fooi terugbetaal word. Kansellasies binne 14 dae voor die fees beteken geen terugbetaling. Kansellasies moet skriftelik gestuur word na geesfeespotch@gmail.com


Blyplek

Jy mag nie in jou stalletjie oorslaap nie. Maar daar is akkommodasie beskikbaar by On Site Gastehuis en Kwena Lodge (Kobble Anew).


Die Potch Geesfees 2025 gee uitstallers die geleentheid om in ‘n goed georganiseerde, veilige en energieke omgewing te bemark en handel te dryf. As jy belangstel om deel te wees, begin betyds en hou by die reëls – dan gaan jy lekker fees hou.